Beste dad ever
Ek het die beste Pa gehad. Nou is hy n̈ engel. Love you forever
Op 26 November 1955 word hy gebore in ‘n tehuis vir ongehude moeders in Johannesburg en registreer as Johan Roodt. Die ouerpaar wat hom 7 dae later aanneem is Johan en Susan Willemse van Springs. Susan het twee babas aan die dood afgestaan by geboorte en was baie bedroef maar opgewonde oor haar baba. Hulle doop hom Hans Jacob Bernardus Willemse. Sewe jaar later skei sy ma en ma en hy het ‘n herinnering van ‘n bang seuntjie wat onder ‘n kombuis tafel sit en huil terwyl die familie vir sy ma se om hom terug te stuur weeshuis toe want hy is nie bloed nie. Susan het geweier en hom saam met haar ander seun, Gerhard, wat 7 maande na sy aanneming gebore is, alleen groot te maak. Twee jaar later ontmoet sy vir Frikkie Kruger in die Landbou Weekblad se Opsitkers. Hy was ‘n boer van die Gobabis omgewing in Namibie. Hulle trou en Susan en die twee kinders leer die plaaslewe lief kry. Na verskeie miskrame vra sy stiefpa of hy hom wettiglik kan aanneem. Sy name verander op 16 na Hannes Kruger. Hy matrikuleer in Windhoek en begin by die poskantoor werk as ‘n tegnikus. Met sy eerste opleiding kurses by die Vaaldriehoek Tegnikon in Vanderbijlpark, ontmoet hy vir Marietjie Maritz in Mei 1974. Op 1 Julie 1978 trou hulle in Vanderbijlpark. Hannes was op die stadium ‘n leerling elektrisien op Buffelsfontein myn in Stilfontein. Hulle word geseën met met drie kinders, Sonja, Lize en Frikkie Kruger. Uiteindelik voel Hannes dat hy nou sy eie bloed familie het. Desember 1984, sterf ma Susan aan kanker. Hannes begin in alle erns soek na sy biologiese ma. Alle pogings is onsuksesvol en hy aanvaar dit so. In Desember 2020 hoor ons van Leonie Erasmus wat opsporings doen. Sy vind toe ‘n half broer van hom, Ernest Siegmund in Durbanville, Kaapstad. Sy biologiese ma Ella Roodt Siegmund is oorlede in 1994. Hulle ontmoet in 2021 en vind dadelik aanklank met mekaar. Hy leer baie van sy ma en die omstandighede van sy aanneming wat hom berusting gee. Hy en Ernest skryf weekliks lang whatsup boodskappe vir mekaar en doen gereelde video oproepe. Hannes het uiteindelik gevoel dat hy behoort. Hy was ‘n besondere man, eggenoot, Pa en Oupa. Vir sy familie was niks te klein of te veel gevra nie. Hy het geleef vir hulle. Hannes se familie het met 6 kleinkinders gegroei oor die jare. Kaylen, Joshua, Gabriella, Bella, Luke en Benjamin.
Family milestones in gold, history for context
No account needed. Have one? Sign in
Beste dad ever
Ek het die beste Pa gehad. Nou is hy n̈ engel. Love you forever
Family members and close friends can help add photos, stories and moments from Hannes's life. Ask the family to add you.
Sign in to ask